“Believe in the Power of Believing in Children”

Kliniese Sielkundige

in Vereeniging en in Nelspruit

Dr. Dinelle Faul

Kind in terapie by sielkundigetieners met problemeTienergroep by kindersielkundige in VereenigingKindersielkundige in Vereeniging besig met speelterapie

Telefoon: 082 686 7955

Meer oor my:

Ek is ‘n kliniese sielkundige wat my PhD gedoen het in die gebruik van Kindgesentreerde speelterapie en Sandkas spelterapie met kinders met Aspergersindroom, ‘n vorm van outisme. Ek is betrokke by die gemeenskap en het insette op radio RSG en verskeie artikels in tydskrife soos Finesse, Maksiman, Baba & Kleuter, en Keur, gelewer. Ek was mede-skrywer in verskeie dagboeke wat deur Carpe Diem uitgegee is. Ek tree ook op as motiveringspreker en bied werkwinkels aan vir skole, kerke, ouers en terapeute. Ek is passievol oor die doen van speelterapie met kinders en ek werk graag met tieners en volwassenes.

Ek bied ook ‘n Coaching Programme aan vir ouers sowel as vir Tieners. Vir navrae gaan na ons kontak blasy en stuur vir my ‘n epos.

Dienste wat ek lewer:

Ek gebruik speelterapie om kleuters en jong kinders te help met aanpassing by die skool, maats en selfs die koms van ‘n nuwe boetie of sussie. Speelterapie is die natuurlike taal waardeur jong kinders hulle hartseer oor verliese, woede en frustrasies, onsekerheid en angstigheid oor skool kan verwoord. Voel julle as ouers ook soms magteloos wanneer kinders nie duidelik kan sê wat hulle pla nie? Ek gebruik die beginsels van speelterapie en leer ouers om die unieke taal van kinders te verstaan en sinvol te gebruik.  

Ek geniet dit om met tieners te werk oor dit wat in hulle jong lewens gebeur en die aanpassings waarmee hulle elke dag gekonfronteer word. Ons gesels saam oor toekomsplanne en verhoudings en raak ontslae van die klein jakkalsies wat konflik tussen ouers en tieners veroorsaak…

Ek hoor hierdie opmerking baie: “As elke baba net met ‘n handleiding gebore kon word…!” Raak julle ook soms oorweldig deur al die druk wat vanuit die samelewing op julle geplaas word om kinders “reg groot te maak”? Ek deel graag my kennis om dinge vir ouers bietjie makliker te help maak.

Minder lekker dinge soos, inbrake, kapings, terminale siekte, die dood van geliefdes, afdankings by die werk, en huweliksprobleme is van die dinge wat ons as volwassenes en kinders soms oorweldig. Ek ondersteun graag met die deurwerk en hantering van trauma.

Ander dienste wat ek lewer sluit in:

In die praktyk is ek ook beskikbaar om motiveringspraatjies en werkwinkels oor verskeie onderwerpe op aanvraag aan te bied. My werkwinkels word in Afrikaans of Engels aangebied. Van my gewildste werkwinkels sluit in:

Dissipline deur middel van Keuses

Verskerp jou verhoudingsvaardighede

Hantering van konflik tussen ouers en tieners

Hantering van rousmart by kinders

Helping ordinary kids become extra-ordinary adults

Teaching with Style

My nuutste toevoeging tot die praktyk is ‘n Coaching Program vir Adolessente en Jong Volwassenes. In hierdie program word tieners en jong vowassenes blootgestel aan die denkpatrone, beginsels en vaardighede wat hoog-suksesvolle mense in die wêreld gebruik. Die program is baie prakties en sluit ook verskeie bonusse in.

Ek was bevoorreg om coaching by van die wêreld se top 2% suksesvolle mense te deurloop. Hierdie kennis sowel as my 21 jaar ervaring as sielkundige, gekombineer met my navorsing in tiener ontwikkeling, asook die impak van verskillende gedragstyle, maak onder andere deel uit van hierdie unieke coaching program. Indien jy belangstel om jou tiener of jong volwassene by die program te laat inskakel, kontak my gerus vir meer besonderhede.

Ek glo in mense se potensiaal en kundigheid, daarom netwerk ek graag met ander kundiges soos geneeshere, pediaters, sielkundiges, psigiaters, arbeidsterapeute, spraakterapeute, remediërende terapeute, onderwysers, predikante en andere.

Watter tipe terapie gebruik ek? Ek pas aan by behoeftes van my kliënte en maak onder andere gebruik van:

Kindgesentreerde Speelterapie

Filial spelterapie (wat ’n baie effektiewe ouerleidingprogram is)

Sandkasspelterapie

Kognitiewe terapie

Oplossingsgerigte terapie