Telefoon: 082 686 7955
Subtiele veranderings in die tiener se lewe, maak dikwels dat hulle anders oor dinge begin dink. En vrae daaroor begin vra. Dit is dan wanneer ouers skielik hoor: “Maar hoekom ma? By Janneman-
Het jou tiener al met tye ongelukkige opmerkings gemaak soos: “Ma, ek pas nie in by die ander kinders by die skool nie. Ek lyk nie soos hulle nie. Ek doen nie dinge soos hulle dit doen nie.” As jy mooi daaroor nadink en jou tiener se liggaam begin vergelyk met die van sy of haar klasmaats, mag jy dalk nog ‘n subtiele verandering opmerk: Jou seun se stem begin dalk breek, of hy begin baard groei, terwyl daar nog geen sulke tekens van verandering by sy maats is nie. Die teenoorgestelde kan ook dalk waar wees, waar al die maats al liggaamlike tekens van tienerskap toon, en jou tienerseun of –dogter lyk of hulle nog in die laerskool behoort te wees.
Hierdie veranderinge kan tieners onkant betrap en hulle laat voel dat hulle skielik nie meer by die groep kan inpas nie. Dit is interessant om te weet dat volwassenes ook geneig is om tieners te hanteer volgens hoe volwasse hulle liggaamlik lyk en vir hulle verantwoordelikheid gee waarvoor hulle nie emosioneel gereed is nie. Dit is dan wanneer jou tiener bot raak, stil raak en nie sy of haar samewerking wil gee nie.
Sielkundiges kan hierdie subtiele veranderinge en hulle impak op ‘n tienervriendelike wyse aan jou en jou tiener verduidelik en julle beide so help om beter te verstaan wat nou eintlik aan die gebeur is en hoe julle dit sinvol kan hanteer.
Nog ‘n subtiele verandering met ‘n groot impak word aangedui wanneer ouers agterkom dat die tieners begin terugpraat en nie meer die reëls gedwee wil aanvaar nie. Hulle redeneer en verskil aanhoudend met dit wat die ouer voorstel en soms kan hierdie redenasies eindig in deure wat toeklap agter ‘n nors tiener, met ‘n ouer wat totaal magteloos voel en nie kan verstaan hoekom hulle eens vriendelike kind skielik rebels begin raak nie.
Sielkundiges is opgelei om te kyk hoe jou tiener uniek verander en hoe julle kommunikasiestyle en opvoedingstyle dalk kan verander om die groei en volwassewording in jou tiener beter te akkomodeer.
Die koms van nog ‘n subtiele verandering wat ‘n groot impak op jou en jou tiener kan hê, word aangedui wanneer jy jou tiener uitvra oor toekomstige vak-
Wat ouers en tieners nie altyd besef nie, is dat tieners se breinfunksionering steeds besig is om te ontwikkel en dit is daarom dat hulle dit nog moeilik kan vind om vooruit te dink oor wat oor ‘n paar jaar van hulle verwag sal word. Het jou tiener jou ook al raadop gehad omdat jy agterkom hulle besef nie altyd wat die impak van hulle besluite vorentoe gaan wees nie? Tieners se breinontwikkeling is nog besig om hulle gebruik van abstrakte denke te vorm, en daarom kan hulle dit nog moeilik vind om te dink oor wat die gevolge gaan wees van besluite wat hulle nou neem.
Sielkundiges kan op ‘n gemoedelike wyse met jou en jou tiener praktiese maniere deel om hierdie lewensbelangrike beroepsbesluite te neem, sonder dat dit noodwendig in ‘n rusie ontaard.
Het jy ook al gewonder hoekom jou jong, aantreklike tiener skielik so bang of skaam is om tussen ander mense te verskyn? Dalk het jy ook heelwat kere gehoor: “Ma, ek gaan nie saam nie, ek het nie lus vir mense nie. Hulle gaan net dink ek is simpel.” Dit is interessant om te weet dat subtiele veranderinge in tieners ook veroorsaak dat hulle dink ander mense is net so gepreokkupeerd met hulle voorkoms, as wat hulleself daarmee is. Daarom voel dit vir hulle asof almal se oë die hele tyd op hulle gerig is.
Hierdie subtiele tienerverandering se groot impak op jou tiener se sosiale lewe, kan maklik hanteer word deur sielkundiges wat opgelei is om saam met jou en jou tiener na kreatiewe oplossings te soek. Tienerskap kan ‘n tyd van geluk en vrede in die huis wees, dit hoef nie altyd met konflik gepaard te gaan nie.
‘n Helpende hand in die lewe van tieners…
Ons kan ongelukkig tans geen pasiënte (volwasenes of kinders) persoonlik in ons spreekkamer sien nie. In hierdie tyd ondersteun ons wel ouers deur middel van Telehealth terapeutiese sessies. Dit behels dat ons ouerleiding en ander terapeutiese hulp kan bied aan ouers via elektroniese platvorms soos Zoom. U kan vanuit die gemak van u huis met ons kontak maak.
As jy ‘n Zoom of telefoon sessie met ons wil reël, bel ons… of kliek net hieronder… en stuur vir ons ‘n e-
Kliek hieronder om
‘n terapeutiese sessie te reël