Terug na Tuisblad

Kindersielkundige in Vereeniging
 en in Nelspruit


Dr. Dinelle Faul

(Kliniese Sielkundige)



Telefoon: 082 686 7955

Meer oor die dienste wat ek bied:

Ek gebruik speelterapie om kleuters en jong kinders te help met aanpassing by die skool, maats en selfs die koms van ‘n nuwe boetie of sussie. Speelterapie is die natuurlike taal waardeur jong kinders hulle hartseer oor verliese, woede en frustrasies, onsekerheid en angstigheid oor skool kan verwoord.

Ek geniet dit om met tieners te werk oor dit wat in hulle jong lewens gebeur en die aanpassings waarmee hulle elke dag gekonfronteer word. Ons gesels saam oor toekomsplanne en verhoudings en raak ontslae van die klein jakkalsies wat konflik tussen ouers en tieners veroorsaak…

Ek begelei ouers in effektiewe ouerskap.

Ek help kinders en ouers om trauma soos, inbrake, kapings, terminale siekte, die dood van geliefdes, afdankings, huweliksprobleme, ensovoorts deur te werk.

Ander dienste wat ek lewer sluit in:

My nuutste toevoeging tot die praktyk is ‘n Coaching Program vir Adolessente en Jong Volwassenes. In hierdie program word tieners en jong vowassenes blootgestel aan die denkpatrone, beginsels en vaardighede wat hoog-suksesvolle mense in die wêreld gebruik. Die program is baie prakties en sluit ook verskeie bonusse in.

Ek was bevoorreg om coaching by van die wêreld se top 2% suksesvolle mense te deurloop. Hierdie kennis sowel as my 21 jaar ervaring as sielkundige, gekombineer met my navorsing in tiener ontwikkeling, asook die impak van verskillende gedragstyle, maak onder andere deel uit van hierdie unieke coaching program. Indien jy belangstel om jou tiener of jong volwassene by die program te laat inskakel, kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Ek glo in mense se potensiaal en kundigheid, daarom netwerk ek graag met ander kundiges soos geneeshere, pediaters, sielkundiges, psigiaters, arbeidsterapeute, spraakterapeute, remediërende terapeute, onderwysers, predikante en andere.

Watter tipe terapie gebruik ek? Ek pas aan by behoeftes van my kliënte en maak onder andere gebruik van:

COVID-19 vra dat ek anders as gewoonlik moet werk om kinders te ondersteun en te help. Hier is hoe dit nou in my praktyk werk:


1. Wanneer dit by kleiner kinders kom, is ouers bang om hulle kinders vir hulp te bring... en hulle dalk aan Covid-19 bloot te stel. Daarom werk ek nie tans direk met enige kleiner kinders nie. Ek werk met jou as ouer en bemagtig jou om self met jou kind te werk. By die huis. Sodat jy (byvoorbeeld) jou kind se angsvlakke of aggressie by die huis kan help verminder.

KLIEK DIE ROOI PYL hieronder vir meer inligting (PLUS vir 2 goeie video’s) oor die manier waarop ek jou kan bemagtig om jou kind te help.

2. Ek werk wel op ‘n direkte manier met volwassenes en tieners. Aan die een kant deur middel van Zoom... en in die veiligheid van jou huis. Of (as jy kans sien en lus het daarvoor) in my spreekkamer. Met genoeg ruimte tussen ons. (NB: Dis belangrik dat jy net moet onthou dat ek slegs met een ouer of een tiener op ‘n slag werk!)

3. Alle administratiewe werk word elektronies gedoen.

Kliek die blou pyl hieronder om
‘n terapeutiese sessie te reël

Terug na Tuisblad